Welkom by Nuwe Hoop Skool


VERDERE OPLEIDING EN ONDERRIG (VOO): GRAAD 10 – 12:


Die vakke wat in die VOO-fase aangebied word, bou voort op studievelde en vakke wat in die Seniorfase aangebied word. Goed opgeleide personeel bied spesialiseringsvakke aan.

Die VOO-fase bly binne die vereistes van die voorgestelde CAPS-dokumente (Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklarings) van Graad 10 tot 12 en werk baie hard om te voldoen aan die slaagvereistes van die Nasionale Senior Sertifikaat aan die einde van Graad 12.

Daar is verskeie akkomodasies beskikbaar vir leerders met spesifieke leerbehoeftes. Streng departementele kriteria word gevolg om aansoek te doen vir hierdie leerderondersteuning.

Aan die einde van Graad 9 ontvang die leerders en hul ouers opleiding om die geskikte vakke te kies uit die lys van keusevakke wat deur Nuwe Hoop Skool aangebied word.


  • Besigheidstudie
  • Gasvryheidstudie
  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
  • Toerisme
  • Visuele Kunste

‘n Huistaal (Afrikaans of Engels), en ‘n Addisionele taal (Afrikaans of Engels), Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering word as verpligte vakke aangebied, in ooreenstemming met Departementele beleid.