Welkom by Nuwe Hoop Skool


Intersenfase


Welkom by die Intersen Fase van Nuwe Hoop Skool. Dit is die middel–fase van u kind se ontwikkelingsfase. Die Intersen Fase is ‘n kombinasie van die Intermediêre fase (graad 4 -6) en die Senior Fase (Grade 7).

Ons fokus is steeds om die basiese boustene van onderwys te onderrig, maar leerders word hier ingelei tot meer abstrakte denke en selfstandige leeraktiwiteite. Ons het 13 gespesialiseerde onderwysers en fokus op ‘n gedifferensieerde leerder- gesentreerde uitkyk. Hier volg ons die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleid (CAPS). Die handboeke en leerderswerkboeke is aangepas om meer toeganklik te wees en probleemoplossing te vergemaklik.


Ons bied die volgende vakke in die fase aan:

  • Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal
  • Engels Huistaal en Engels Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede/ Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale wetenskappe
  • Robotika (Graad 4 & 5)
  • Tegnologie (Graad 7)
  • Kuns en Kultuur (Graad 7)
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Graad 7)

Skooldrag:

  1. Leerders moet te alle tye die korrekte skooldrag dra. (Raadpleeg die voorskrifte.)
  2.  a) Hare moet netjies gesny wees in ’n styl wat geskik is om by
    die skooluniform te pas. Dogters met lang hare moet dit vasmaak.
    b) Vermy uitspattige kapsels en gekleurde / gebleikte haarstyle. Hare
    mag nie gekleur word nie.
  3. Leerders vanaf graad 1 tot graad 6 mag kaalvoet skool toe kom, tensy hulle ortopediese skoene dra. Alle ander leerders moet die voorgeskrewe skoene dra.
  4. Juwele is nie gepaslik by skooldrag nie. Dogters mag slegs een paar silwer of goue oorbelletjies of klein oorringetjies dra in die onderste oorgaatjie, indien daar meer as een is. Slegs een seëlring by dogters is toelaatbaar. Die seuns word nie toegelaat om enige juwele te dra nie (bv. ringe, kettinkies, oorbelle, ens.) Slegs noodsaaklike MEDIESE WAARSKUWINGS-items is aanvaarbaar.
  5. Roklengtes moet 4 cm van die grond af meet indien die dogter in ‘n knielende posisie is.
  6. Grimering en naellak is nie toegelaat nie.
  7. Geen ander kledingstukke (pette, “windbreakers”, ens.) mag by skooldrag gedra word nie.
  8. Graad 7-leerders het die voorreg om die senior uniform te dra. Seuns grys broeke en ‘n wit hemp. Meisies ‘n grys romp en groen kleur hemp. Alle graad 7-leerders moet te alle tye skoolskoene dra.