Raak Betrokke

Fondsinsameling, Bemarking en Borgskappe


FondsinsamelingProjekte

Fondsinsameling 2020

Kwartaal 4:

1. Koshuis koekieprojek – R100 vir ‘n 2-liter emmer koekies te koop by ons Koshuis. Skakel asb vir Nannie by hostel@newhopeschool.co.za om te bestel.

2. “Trap vir Hoop” 3 tot 7 Desember 2020 – Ons is opsoek na besighede en individue wat ons kan ondersteun met borge en donasies vir die 18 fietsryers wat aan die “Trap vir Hoop” gaan deelneem vanaf Pretoria na Durban.

Kontak Karen Meyer/Leon Olivier by marketing@newhopeschool.co.za vir meer inligting.

‘n Artikel 18A sertifikaat kan uitgereik word vir voordele van donasies.

3. Loslitdag 3 Desember 2020 – Loslitdag is ‘n wydgevierde nasionale veldtog wat jaarliks plaasvind in Suid Afrika. Hierdie is ‘n wonderlike manier om die gemeenskap meer bewus te maak van persone met gestremdhede. Ondersteun ons asseblief deur plakkers te bestel teen R20 elk by Nuwe Hoop Skool. Kontak asseblief vir Daleen Hamman by daleenh@newhopeschool.co.za om plakkers te bestel/koop.


Donasies

Nuwe Hoop Skool is baie dankbaar vir alle donasies en borge. As u graag ‘n skenking wil maak of iets borg, kontak asseblief Karen Meyer by marketing@newhopeschool.co.za wat dan op versoek ‘n artikel 18A sertifikaat kan uitreik.