Welkom by Nuwe Hoop Skool


Grondslagfase


 “OM ‘N KIND TE LEER OM GETALLE TE TEL, KAN ‘N GOED BEOEFENDE AKTIWITEIT WEES, MAAR OM DIE KIND TE LEER WAT IN DIE LEWE TEL, IS BAIE BELANGRIKER


In die Grondslagfase maak ons van ‘n leerdergesentreerde benadering gebruik. Die Grondslagfase het unieke hulpbronne wat verseker dat elke kind gelyke toegang tot onderwys en dieselfde geleenthede het om te leer. Ons is passievol oor die leerproses en wil graag lewenslange leer inspireer. Die onderwysers is opgelei om met leerders met leerhindernisse te werk en is toegewyd om elke leerder te ondersteun om hulle potensiaal te bereik. Dit is ‘n roeping om met leerders met spesiale onderrigbehoeftes te werk. Die KABV-kurrikulum word gevolg met die klem op ‘n multi-sensoriese benadering om die werk vir al die leerders toeganklik te maak.

In die Grondslagfase, mik die onderwysers om leerders te bemagtig om sosiaal, akademisies en psigologies te ontwikkel. ‘n Holistiese siening ten opsigte van onderrig en ons multi-dissiplinêre aanslag tot leer, bied leerders die geleentheid om te groei en te ontwikkel. Die onderwysers werk saam met die multi-dissiplinêre span en ouers om te verseker dat elke leerder se individuele behoeftes vervul word.

Die Grondslagfase volg ‘n holistiese benadering en neem dus deel aan kultuur- en sportaktiwiteite gedurende skoolure. Jaarlikse uitstappies word onderneem en leerders word blootgestel aan opvoedkundige aanbiedings om hulle van nuwe lewenservarings en kennis oor die wêreld te voorsien.

Robotika en Kodering is ‘n nuwe vak wat in die fase bekendgestel word. Hierdie vak is geïntegreer in alle Grondslagfase-vakke. Die Kodering en Robotika-vak is daarop gemik om leerders te lei en voor te berei om probleme op te los, krities te dink, samewerkend en kreatief te wees en om in ‘n digitale en inligtinggedrewe wêreld te kan funksioneer. Hulle leer om digitale en IKT-vaardighede toe te pas om alledaagse probleme op te los, insluitend om toegerus te wees vir ‘n betekenisvolle en suksesvolle lewe in ‘n vinnig veranderende en transformerende samelewing.

Ons missie in die Grondslagfase is om elke kind sy volle potensiaal te laat bereik.