Hulpdienste

Sielkunde Afdeling


Die Sielkunde Departement bied die volgende dienste om leerders in staat te stel om hulle eie unieke potensiaal te bereik:

  • Individuele – en groepsterapie
  • Studiemetodes en leiding in vakkeuses
  • Trauma ontlonting en trauma berading
  • Assesserings ten opsigte van skoolgereedheid, intellektuele potensiaal en skolastiese vermoëns
  • Aansoeke vir akkommodasie gedurende toetse en eksamens
  • Individuele ondersteuningsprogramme
  • Werkswinkels oor spesifieke onderwerpe
  • Vewysings na ander professionele persone of instellings
  • Ouerleiding en ondersteuning

Maatskaplike Afdeling


Maatskaplike dienste word aan leerders en gesinne gebied wat ondersteuning benodig.

Afhangende van donasies ontvang, word hulp op ‘n praktiese vlak aan behoeftige gesinne verleen.

Leerders en gesinne word verbind met hulpbronne in die gemeenskap en verwys indien nodig.

Krisis ingryping, beradingsdienste en ouerleiding word gelewer.

Die maatskaplike werker in samewerking met die multi-dissiplinêre span poog om ouers te lei ten opsigte van leerders in die Lewensvaardigheidsfase se toekoms na skool.


Arbeidsterapie afdeling

Arbeidsterapie 6

‘n Holistiese benadering word tydens behandeling in arbeidsterapie gevolg om sodoende maksimale onafhanklikheid te bevorder.

Dit sluit die volgende in:

  • Sensoriese integrasie
  • Visueel perseptuele vaardighede
  • Growwe en fyn motoriek
  • Onafhanklikheid m.b.t. deelname aan aktiwiteite van die daaglikse lewe (ADL’s)
  • Verbetering van selfbeeld en eiewaarde
  • Korrekte posisionering van leerders om spesifieke tegnologiese hulpmiddels te gebruik vir die deelname aan die kurrikulum
  • Verbetering van vaardighede en werksgewoontes tydens groepsterapie en/of die skool-na-werk program.

View Gallery


Fisioterapie afdeling


Physio 1Fisioterapie dienste word verskaf om leerders met fisiese en serebrale gestremdhede te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel, in terme van motoriese ontwikkeling en maksimale funksionele onafhanklikheid.

Verskeie tegnieke, onder andere Neuro-ontwikkelingsterapie, word gebruik om die leerder se motoriese beheer, krag, omvang van beweging, asook funksionele vermoë te ontwikkel, met die doel om volle toegang tot die kurrikulum te verkry.

Post-operatiewe rehabilitasie word ook aan leerders gebied om te verseker dat hulle die beste uitkoms na chirurgie bereik.

Ouers, versorgers en fasiliteerders word toegerus om die kondisies te bestuur deur middel van opleiding, deel van kennis, asook tuisprogramme.

Deelname aan sportaktiwiteite word gesien as ‘n uitbreiding van die terapeutiese proses en verseker dat die leerders hulle tegnieke, wat tydens terapie geleer is, integreer by die huis, in die skool en die gemeenskap.


View Gallery


Spraakterapie afdeling


Spraakterapie 5

Die Spraakterapie Departement van Nuwe Hoop Skool fokus op die verbetering van die reseptiewe en ekspressiewe taalontwikkeling, uitbreiding van ouditiewe perseptuele vaardighede, asook terapie om spraakverstaanbaarheid te verbeter.

Taalontwikkeling en ouditiewe perseptuele opleiding is noodsaaklik vir skolastiese vordering.

Neurologiese uitvalle, bv. apraksie, afasie en disartrie word ook aangespreek. Nie-verbale leerders met komplekse kommunikasie behoeftes word met behulp van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (AAK) die geleentheid gegee om hul kommunikasie-potensiaal te bereik.


View Gallery


Buitepasiënte


Babas en kleuters tot en met drie-jarige ouderdom met ontwikkelingsagterstande, serebrale- en fisiese gestremdhede ontvang fisio-, spraak- en arbeidsterapie op ‘n weeklikse of maandelikse basis as deel van die skool se vroeë intervensie gemeenskapsdiens.


Verpleegdienste


  • Pasiënte ontvang omvattende verpleegsorg wat gesondheid bevorder en siekte/verdere komplikasies voorkom.
  • Toepaslike noodsorg word verleen soos nodig.
  • Elke pasiënt se reaksie op behandeling word gemonitor en die verpleegsorgplan word daarvolgens aangepas indien nodig.
  • Akute en chroniese medikasie word toegedien soos voorgeskryf deur elke leerder se behandelende geneesheer.
  • Pasiënte ontvang voorligting om die vrees rondom mediese prosedures en behandeling te verminder. Dit stel hulle instaat om ingeligte besluite te neem en mede-verantwoordelikheid vir hul gesondheid te aanvaar, wat lei tot optimale behandeling en beter resultate.
  • Kommunikasie en konsultasie met pasiënte, families en ander lede van die multi-dissiplinêre span vind plaas om omvattende gesondheidsorg te verseker.