Koshuis


Ons koshuis is ‘n tweede huis weg van die huis af en ons kinders bly in ‘n veilige en gedissiplineerde omgewing. Ons koshuis bied aan leerders meer onafhanklikheid en geleenthede om inisiatief te neem en selfdissipline toe te pas. ‘n Mens kan nie respek, entoesiasme en lojaliteit koop nie, maar dit kan verdien word en dit is waarna ons (in ons koshuis) streef.

Ons glo dat ons koshuis nie net gaan oor blyplek nie, maar ook oor pret, die belewenis van nuwe kulture en die ontmoeting van nuwe mense.


Ons koshuis:

  • bied goeie waarde vir geld
  • is van hoogstaande gehalte
  • bied ‘n veilige en vriendelike omgewing vir die leerders