Welkom by Nuwe Hoop Skool
Pre-Primêre Fase
“Kinderjare is nie ‘n wedloop om te sien hoe vinnig ‘n kind kan lees, skryf en tel nie. Kinderjare is ‘n klein tydjie om te leer en te ontwikkel teen die pas wat vir elke individuele kind reg is. “
Magda Gerber
In die Pre-Primêre fase word fokus geplaas op elke kind se individuele sterkpunte en uitdagings. Sodoende word optimale ontwikkeling teen hul eie pas verseker. Omdat ons glo dat kinders die beste leer deur spel is ons speelareas goed aangepas vir vryspel sowel as gestuktureerde spel.
Die Pre-Primêre fase vorm die bousteen vir alle leerprosesse wat vorentoe plaasvind.
Ons Pre-Primêre Fase akkommodeer Engels- en Afrikaanssprekende leerders met spesiale onderwysbehoeftes, tussen die ouderdomme van 3 en 8 jaar.
Leerders word geplaas in die volgende klasse volgens ontwikkelings vlak:
- Junior Groep
- Gr. RRR
- Gr. RR
- Gr. R
Personeel
Kleuterontwikkeling vind nie in isolasie plaas nie, maar is ‘n spanpoging.
Dit is van kardinale belang dat die personeel opgelei is en deelneem aan volgehoue professionele ontwikkeling, om sodoende ons leerders se behoeftes te kan ondersteun. Personeel word opgelei in die volgende:
- ECD – CAPS, SIAS Dokument en Kinderwette
- AAK (aanvullende en alternatiewe kommunikasie)
- Posisionering
- Voeding
- Toiletering
- Deelname aan Nasionale-erkende organisasies soos die VVOS
Ons Pre-Primêre Fase span bestaan uit 17 personeellede wat die volgende insluit:
- Vyf gespesialiseerde onderwysers
- Klas – en privaatfasiliteerders
- Vier klasassistente
Vroeë ingryping is uiters belangrik om te verseker dat ons leerders tot hul volle potensiaal ontwikkel. Ons is in noue samewerking met ons multi-dissiplinêre span van Sielkundiges, Spraakterapeute, Arbeidsterapeute en Fisioterapeute. Daar is ook ‘n Maatskaplike werker om leerders en gesinne te ondersteun wanneer nodig.
Kurrikulumgebaseerde aktiwiteite
Ons daaglikse programme en opvoedkundige temas bied genoegsame geleenthede om te leer en om pret te hê terwyl ons leer. Ons fokus op Taal, Wiskunde en Lewensoriëntering.
Buitespel
Buitespel is net ‘n verlenging van die klaskamer. Ons speelareas is aangepas vir ons rolstoel leerders sodat hulle aan alle aktiwiteite kan deelneem.
Buitespeel
Ons is trots daarop dat al ons kleuters in die Pre-Primêre fase, met die toestemming van hul ouers, geleentheid kry om aan die volgende deel te neem:
- Terapeutiese perdry
- Pottebakkery
- Dansmuis klasse
“Een van die beste beleggings wat ons in ‘n kind se lewe kan maak, is ‘n hoë gehalte vroeë onderwys.”
Barack Obama