Welkom by Nuwe Hoop Skool


Seniorfase


Die Seniorfase bestaan uit Graad 7 tot Graad 9. By Nuwe Hoop Skool word Graad 7 leerders in die Intersenfase (Laerskool) geakkommodeer en graad 8 en 9 leerders in die Hoërskool.
Aan die einde van Graad 9, die laaste verpligte skooljaar, moet leerders vakkeuses uitoefen en besluite neem met beroepsrigtings en werksopsies in gedagte. Hierdie besluite is nie net belangrik vir Graad 10 tot Graad 12 nie, maar sal ook ‘n groot inpak hê op hul naskoolse beroepslewe.

Leerders word aangemoedig om binne aanvaarbare grense, uitdrukking te gee aan hulle eie individualiteit en verantwoordelikheid te neem vir hulle aksies. Ons leerders se sosiale, emosionele, geestelike en fisiese gesondheid is vir ons ‘n prioriteit. Elke leerder in die Seniorfase word die nodige leiding en ondersteuning gebied om te verseker dat hy/sy ontwikkel in die beste persoon moontlik.

Ons volg die hoofstroom CAPS kurriculum en doen aansoek vir addisionele ondersteuning (Akkommodasie) by die Departement van Onderwys. Kleiner klasse met goed gekwalifiseerde personeel verseker beter individuele aandag in die Seniorfase.

Nege (9) Vakke:

 

  • Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele taal
  • Engels Huistaal en Engels Addisionele taal
  • Wiskunde
  • Lewensoriëntering
  • Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis & Geografie)
  • Natuurwetenskappe
  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe