Erekode


Ek gee aan God en sy woord die ereplek in my lewe.

Ek streef daarna om my ouers en my skool te dien.

Ek streef daarna om hulpvaardig te wees en my medemens te dien.

Ek gehoorsaam en respekteer my ouers en onderwysers en gedra my hoflik teenoor my medemens.

My woord is my eer.

Ek is daarop gesteld om my netjies en rein te hou.

Ek streef daarna om eerlik, opreg en vriendelik te wees.

Ek streef daarna om die omgewing te bewaar.

Ek glo dat die vrees van die Here die beginsel van wysheid is.

Werk oorwin alles.

Skoollied


Ons harte is vol blydskap

Ons skool gee nuwe hoop!

Met liefde, moed, vertroue

Kan ons die pad saam loop.

Deur dag na dag te strewe

Ons beste te probeer.

Met ywer en volharding

Sal ons voorwaar presteer.

O, seën ons skool en wil ons leer

dat Nuwe Hoop oorwin, O Heer!